Johan is n boorling van Namakwaland . Hy is op Springbok gebore en het op Kleinzee, ‘n diamantmyndorpie, grootgeword.
Johan Stemmet is met Colleen, ‘n hoërskool Wiskunde onderwyseres en adjunkhoof in Johannersburg , getroud . Hulle het twee seuns, Carl en Etienne. Carl is ‘n aspirant rolprentvervaardiger wat tans sy Meesters graad in " Directing and scriptwriting" aan TUKKIES voltooi. Etienne is besig met sy Honeurs graad in die rekenaarwese op TUKKIES. Hy spesialiseer in Multimedia en komponeer musiek en doen klankontwerp vir rekenaarspeletjies en rolprente.
| Kinderjare: |
Kleinzee, Namakwaland groot geword.
Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad. |
| Studentejare: |
Universiteit van Stellenbosch en
Nagraads aan Universiteit van Kaapstad. |
| As Onderwyser: |
Hoër Seunskool Rondebosch, vakhoof Afrikaans eerste taal en Geskiedenis. |
| As Kunstenaar: |
Tree vir 30 jaar landswyd op. 12 Albums gemaak. |
| As TV aanbieder: |
Bied ononderbroke die afgelope 27 jaar aan vanaf 1980. |
| As TV vervaardiger: |
- Treffers van toeka tot nou
- My land my lied (reeks)
- Teletreffers (reeks)
- Debuut (reeks)
- Nana Mouskouri
- FAK Musiekfeeste
- Crescendo
- Dekade van 80
- Gé sing (reeks)
- Persoonlikheidsprogramme met verskeie kunstenaars
|
- Noot vir Noot (reeks)
- Woordwoeker vir kykNET (reeks)
- a Word or 2 (reeks)
- Swaaipad van die Swartkraai (reisprogram kykNET)
- Fly the beloved country (reisprogram SABC)
- Wise Up!
|
| Toekenings en nominasies: |
| Nominasie Sarie toekenning: |
Beste Afrikaanse langspeler: Bianca |
| Nominasies ARTES: |
Beste regisseur , Beste aanbieder , Beste bydrae tot musiek , Beste bydrae verskeidenheids programme |
| Burgermeesters toekenning: |
Vir bydrae tot Johannesburgse eeufees |
| Goue penning: |
Vir uitstaande jeugdiens en Orde vriend van die Voortrekkers |
| Artes: |
Noot vir Noot |
| SABC Golden Plume Award: |
Bydrae tot 30 jaar se TV in Suid Afrika |
|

Johan is ’n ou Potchefstromer. Hy is daar gebore, het daar skool gegaan,
geswot en daar begin werk as dosent in musiek aan die Konservatorium. Om die
waarheid te sê, hy het sy eerste 35 jaar daar deurgebring.
Gedurende sy studentejare aan die destydse PU vir CHO, was Johan eers lid en
later leier van die bekende Alabama Studentegeselskap. Onder sy musiekleiding
het Alabama se heel eerste Revue in 1967 op die planke verskyn en was hy aktief
betrokke by hierdie groep tot in 1980. Vir die afgelope (ongeveer) 20 jaar is hy
die ere-president van hierdie studente organisasie en bly hy dus in voeling met
hulle doen en late.
Gedurende sy Alabama jare het hy vir Rina Hugo ontmoet en die twee is in 1971
getroud. Kort daarna het albei hulle musiekstudies vir twee jaar in Boston, VSA
voort gesit en eers in 1976 met ’n gesin begin. Riaan was eerste en bietjie
later Anri. Riaan het intussen ook musiek studeer en is vandag professionele
musikant en nog steeds ongetroud. Anri het wel vroeg in 2006 in die huwelik
getree met Etienne van der Linde en hou haarself steeds besig met fotografiese
modelwerk, grafiese ontwerp en meer onlangs as DJ. Anri ontwerp veral baie CD
omslae en haar werk word herken deur haar handelsmerk, Dream Out Loud.
Johan het oor die jare baie musiek gekomponeer en verwerk, veral vir radio en
televisieprogramme. By hulle huis in Randburg het hy ’n goed toegeruste musiek
ateljee waar meeste van hierdie produkte gemaak word. Baie van Rina se begeleiding
vir haar konserte en CD’s kom ook uit hierdie ateljee sowel as Johan se
enigste CD, Die Tekkie-rag.
Behalwe die musiek wat hy maak is Johan se ander stokperdjie sy belangstelling
in die sterre en alles wat te make het met die hemelruim. Hy hou daarvan om so nou
en dan gholf te speel, maar kry sy eintlike oefening met sy ander geliefde sport...
snoeker.

Gebore: 26 Augustus 1979
Huwelikstatus: Getroud, met Isabel
Beroep: Produksie Bestuurder
Opleiding: Hoër Volkskool, Heidelberg, Gauteng. Tersiêre
opleiding by die Educational Institute of the USA
Tans besig met: Wise Up! Ander produksies: a Word or 2 (reeks)
Woordwoeker (reeks) Swaaipad van die Swartkraai (reisprogram kykNET)
Fly the beloved country (reisprogram) Wise Up!
Geniet: Ek speel graag gholf as ek tyd kry en is mal oor die Bosveld,
braaivleis, goeie rooiwyn en die Travel Channel.
E-mail: andries@noot.co.za

Gebore: 22 Januarie 1978
Huwelikstatus: Ongetroud
Beroep: Produksie Koordineerder
Opleiding: Coronationville Senior Sekondere Skool
Produksies: Wise Up! Noot vir Noot
Tans besig met: Noot vir Noot
Geniet: Ek hou daarvan om te reis, veral om te kamp in die bosveld.
My gunsteling kos is ‘n goeie Suid Afrikaanse Braaivleis!
Gebore: 15 Januarie 1984
Beroep: Assistent Regisseur
Opleiding: Hoërskool Linden, AFDA (Suid-Afrikaanse Skool vir Film en Televisie), Universiteit van Pretoria (Honeurs en Meesters graad in Drama)
Vorige en ander produksies:
• Huis van Liefde (Mini-reeks)
• Binnelanders
• Tornado (Rolprent)
• Getroud met Rugby (Kyknet Reeks)
Geniet: Ek is mal oor fliek en lees.
E-mail:carl@noot.co.za